Boere Meisie Brandewyn

Wie’s Ons

By Boere Meisie Brandewyn (BMB) glo ons elke lekker oomblik begin met ’n slukkie van iets spesiaal.

Ons is trots Suid-Afrikaans – geïnspireer deur tradisie, gemaak met liefde, en geskep vir vroue met ’n bietjie guts en baie gees. BMB is nie net ’n drankie nie – dis ’n viering van egtheid, vriendskap, en vryheid.

Ons brandewyn bring mense saam – of dit nou by ’n plaasbraai is, op die dansvloer, of tydens ’n rustige sonsondergang saam met jou beste pelle. Elke bottel is met die hand gemaak, vol plaaslike geure, gehalte en ’n moderne twist wat pas by die Boere Meisie van vandag.

Boere Meisie Brandewyn is vir elke meisie. Dis vir die vurige, lewendige “life of the party” meisie. Dis vir die stil, teruggetrokke en skaam meisie. Dis vir die klassieke en elegante meisie. BMB is vir almal, want daar is ‘n bietjie Boere Meisie in almal van ons… ja in jou sterk, bang vir niks man ook, sodra daardie klein spinnekop agter die kas uitklim! BMB is vir hom ook!

Welkom by Boere Meisie Brandewyn.
Hier begin alles met ’n slukkie.